Vuurpyl, eintlik Chinese ruimte-rommel, tref vandag die maan

Die vuurpyl wat na verwagting vandag die maan sal tref is toe nie Elon Musk se Falcon 9 nie maar is deel van die Long March 3C-vuurpyl wat in Oktober 2014 deur China gelanseer is. Die vuurpyl vorm deel van die eerste lanserings-hulp om Long March in die ruimte te kry. Dit vorm eintlik deel van ruimte-rommel maar, sal na verwagting vandag die maan tref teen ‘n spoed van 9 300 kilometer per uur. Alle berigte lui dat die impak minimaal sal wees.