Drie loop saam voor in Mangaung Ope

Die Suid-Afrikaner Luke Jerling, en die twee Spanjaarde Alejandro del Rey en Scott Fernandez loop gesamentlik voor in die eerste ronde van die Mangaung Ope in Bloemfontein. Jerling en die ander twee voorlopers is tans twee houe elk voor die res van die groep. JC Ritchie wat die week graag sy derde agtereenvolgende oorwinning wil behaal, en die plaaslike gunsteling Wilco Nienaber, het albei afgeskop met rondtes van vyf onder baansyfer 67. Jerling sê hy is tot dusver tevrede met sy vertoning: