DA is boos oor heraanstelling van omstrede maatskappy

Die DA in die buurland sê hy is bekommerd omdat In2IT Technologies weer ‘n tender van die Gautengse regering gekry het om kuberveiligheidsdienste in die provinsie te verskaf. Die maatskappy het in 2020 binne 24-uur ‘n tender van 30 miljoen Suid-Afrikaanse rand gekry onder voorwendsel van Covid-19-verkryging wat later teruggetrek is. Maatskappye het gekla dat In2IT Technologies die tender volgens onregmatige prosesse gekry het. Die DA se woordvoerder, Adriana Randall, sê hulle sal volhou om te eis dat behoorlike prosesse in verkrygings- en voorsieningskettingbestuur by alle tenders gevolg word: