VSA aan Cyril: Moenie ‘n draadsitter wees nie

Amerika se waarnemende ambassadeur in Suid-Afrika, Todd Haskell, doen ‘n beroep op President Cyril Ramaphosa om sterker standpunt in te neem teen Rusland se inval in Oekraïne. Suid-Afrika het Woensdag, saam met Namibië, besluit om buite stemming te bly tydens ‘n stemmery in die Verenigde Nasies se algemene vergadering om Rusland te bestraf oor die inval. Suid-Afrika beweer die resolusie skep nie ‘n omgewing wat bevorderlik is vir diplomasie, dialoog en bemiddeling nie. Haskell sê die regering moet Rusland as die verdrukker in hierdie oorlog erken en nie net ‘n draadsitter wees nie:

Politieke ontleders het reeds bevestig dat Afrika in ‘n moeilike posisie is met die konflik in Oos-Europa omdat hy hom ideologies skaar by Rusland en China maar ekonomies meer neig tot die Westerse wêreld. Zanu-PF in Zimbabwe het ook reeds sy ondersteuning vir Rusland in sy amptelike koerant, The Herald, uitgespreek.