Hartroerende tonele by Berlynse treinstasie

In tye van oorlog en nood, kan die mensdom ook sy mooi kant na vore bring. By Berlyn in Duitsland se sentrale treinstasie het honderde Duitse burgers gewag vir ‘n trein met vlugtelinge uit die Oekraïne. Hartroerende tonele het uitgespeel toe die vlugteling die trein verlaat en die Duisters hulle plakkate omhoog gehou het met, ‘Plek vir twee mense, so lank as jul wil bly’ of ‘Twee tot drie mense, kinders welkom’, en ‘Groot oop kamer beskikbaar’. En so het die vlugtelinge almal huis gekry. Intussen het ‘n Siriese vlugteling in Duitsland, wat self van Vladimir Putin se bomme in sy tuisland gevlug het, ‘n bus met mediese voorraad en kos gereel. Tarek Alaows, ook in Berlyn, sê hy gaan die bus tot by die Oekraïnse grens ry en vlugtelinge optel en terug bring. Omdat hy weet hoe dit voel.