SA-staatsdiens: Onderhandelings oor lone hervat weer die maand

Die Nasionale Tesourie in Suid-Afrika glo nie die Konstitusionele Hof se uitspraak dat die salaris-ooreenkoms vir die staatsdiens ongeldig en onwettig is, moet beskou word as ‘n oorwinning nie. Die nuwe ronde onderhandelings begin dié maand. Direkteur-generaal Dondo Mogajane sê onderhandelings behoort met ‘n oop gemoed benader te word en faktore te oorweeg soos die stand van die staatsfinansies en die invloed van inflasie:

Die kwessie van verhogings vir Namibiese staatsamptenare is tans by die arbeidskommissaris nadat onderhandelings op ‘n dooiepunt uitgeloop het.