Jongste oor Namibiërs in die Oekraïne

Die Namibiese ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking het die jongste inligting verskaf oor die Namibiërs wat uit die oorloggeteisterde Oekraïne gevlug het, of steeds daar gestrand is. Altesaam 80 Namibiërs is veilig en sewe is steeds in die Oekraïne. Die uitvoerende direkteur in die ministerie, Penda Naanda, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.

Hy sê die Namibiese ambassades in Oostenryk, Duitsland en Rusland is besig om die nodige reëlings te tref dat hulle kan terugkeer Namibië toe.