Olieprys sak effe terug

Oliepryse het in handel vroeg vanoggend effe herstel en Brent kos rondom 112 Amerikaanse dollar ‘n vat teenoor Donderdag se 118 dollar. Voorspellings vir Brent-ru-termynkontrakte vir Mei het tot soveel as 114 Amerikaanse dollar ‘n vat gestyg, so enige idee dat olie binnekort sal daal na onder 100 dollar ‘n vat kan laat vaar word. Olie styg weens vrese dat Westerse sanksies teen Rusland oor die Oekraïne-konflik verskepings van Rusland, wat een die wêreld se grootste uitvoerder van ru- en olieprodukte is, sal ontwrig. Die daling in die prys vanoggend is te wyte aan die feit dat beleggers gefokus het op die herlewing van Iran se kernkragooreenkoms wat na verwagting Iranse olie-uitvoere sal bevorder en tekorte in wêreldvoorrade sal aanspreek.