Namibiërs! Maak jul rolprente!

MultiChoice Namibia en die NBC doen ‘n beroep op ervare filmvervaardigers om rolprente in te stuur wat eg-Namibiese stories weerspieël. Hierdie rolprente vir TV moet vars en opwindende plaaslike inhoud hê. Dit is tyd vir kreatiewe Namibiërs om hul talent onder die maatemmer uit te haal en inhoud vir diverse kulture te vervaardig. Roger Gertze, hoofbestuurder van MultiChoice Namibia gesels met Kosmos 94.1 Nuus.

Die legendariese Namibiese filmmaker, Vickson Hangula, het bevestig dat hy ook ‘n rolprent gaan inskryf.