Gebeurlikheidsplan in plek om krewe te red wat uitloop

‘n Gebeurlikheidsplan is geaktiveer om soveel moontlik krewe te red nadat sowat 500 ton sedert Dinsdag by Elandsbaai uit die see geloop of uitgespoel het weens rooigety. Alle lewende krewe sal gerehabiliteer word en in die see vrygelaat word sodra die rooigety verby is, het die departement van bosbou, visserye en die omgewing gesê, maar kleinskaalse vissers vrees vir hul inkomste. Professor Mark Gibbons van die Universitiet van die Wes-Kaap se departement van biologie, verduidelik die verskynsel.