Betoging teen aspersie-aanleg draai in die parlement

Inwoners van Etunda in die Omusati-streek het betoog teen Namibië se eerste aspersie-aanleg en beweer dat die projek bydra tot die verandering in weerpatrone en die reënseisoen vertraag. Boere en inwoners van Etunda het ‘n protesoptog gehou en geëis dat die Otjimbele-aspersieprojek moet sluit. Dit het in die Nasionale Vergadering gedraai met parlementslid Epafras Mukwiilongo van die Namibian Economic Freedom Fighters, wat die landbouminister, Calle Schlettwein, gevra het om hierop kommentaar te lewer. Die minister het só geantwoord: