Hidrologiese Dienste maan teen swaar reënval môre in Kavango- en Zambezi-streke

Die Hidrologiese Dienste van Namibië het inwoners van die Kavango- en Zambezi-streke gewaarsku teen swaar reënval wat môre in die streke kan voorkom. Inwoners moet die nodige voorsorgmaatreëls tref. Die Zambezirivier by Katima Mulilo bly styg met sy vlak wat vanoggend 2,78 meter gemeet het, wat bo-normaal is. Die Okavangorivier by Rundu se vlak was vanoggend 5,34 meter, wat hoër is as verlede jaar die ooreenstemmende tydperk.