Swakop se stedelike landbou behaal groot suksesse

Stedelike landbou word regoor die wêreld as uiters belangrik geag en Namibiese owerhede bevorder reeds ‘n geruime tyd die praktyk. Berigte vanaf die kus toon dat die veldtogte letter begin om vrugte af te werp. Twintig vroue, almal werkloos maar tans almal produsente van verskeie groentesoorte boer vooruit en slaag daarin om genoeg te verdien uit verkope om hulself en hul families te versorg. Die groep wat die sukses ‘n stap verder en sal nou begin om ander op te lei. Die Swakopmund dorpsraad het uiters goeie bystand gebied en het kweekhuise opgerig met ‘n drupbesproeiing-stelsel, sowel as ‘n skadunet plantgebied ook met besproeiing. Produksie is tans van so aard dat ‘n koöperasie oorweeg word.