Bewaringsgebied sê owerhede help nie met onwettige houtkappery nie

Die Kapinga KaMwalye-bewaringsgebied in die Kavanbo Oos-streek sê onwettige houtkappery is volop in die gebied. Minstens 96 bome is reeds afgekap wat die komitee baie bekommerd maak. Volgens wat Kosmos 94.1 Nuus verstaan, is daar ‘n inwoner van die gebied wat houkappers aangestel het en toerusting verskaf het. Thomas Muronga, voorsitter van die bewaringsgebied, sê hulle kry ook geen uitsluitsel oor die saak wat hulle hangende gemaak het nie.