Krieketkalender aangepas om vrouekrieket te bevorder

Krieket: Die vroue-spel gaan meer aandag kry nadat die Internasionale Krieketraad planne aangekondig het om die vroue- en manskalenders aan te pas sodat groot geleenthede nie bots nie. Die Wêreldbekertoernooi vir vroue begin Vrydag in Nieu-Seeland, maar drie groot mansreekse vind ook plaas – Pakistan teen Australië, Indië teen Sri Lanka en Engeland teen die Windies. Die IKR se bestuurshoof, Geoff Allardice, sê hy hoop bywoningsbeperkings sal vir die toernooi verslap word, sodat meer mense die vroue se vertoonbyeenkoms kan sien.