Namibiese gesondheidsministerie stel nuwe gesondheidsorgbeleide bekend

Die Namibiese gesondheidsministerie het vandag vier beleide bekend gestel waarna gesondheidsorg in die land volgens internasionale standaarde streef. Dit sluit in die Nasionale Kwaliteitbestuursbeleid, die Nasionale Kwaliteitbestuur Strategiese Plan, die Hospitaal Kwatliteitstandaarde en die Primêre Gesondheidsorggeriewe Kwaliteitstandaarde. Die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, sê die beleide verseker die voorsiening van kwaliteit diens aan gesondheidsorg in Namibië. Hy sê die hoofdoel is om die kwaliteit gesondheidsorg in beide openbare en privaat sektore te verbeter.