Pres. Ramaphosa dank nasionale polisiekommissaris af

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa het die kontrak van nasionale polisiekommissaris Khehla Sitole beëindig. Albei partye het tot die ooreenkoms ingestem en dit word op 31 Maart van krag. Ramaphosa se woordvoerder, Tyrone Seale, sê Sitole stem saam die beëindiging van sy kontrak is in die land se beste belang.