Springbok-slot Jason Jenkins verruil Munster vir Leinster

Rugby: Die vergete Springbok-slot Jason Jenkins se skuif vanaf Munster na Leinster in Ierland is bevestig. Hy het vir Suid-Afrika Onder 20 en Suid-Afrika A gespeel voor ‘n enkele toets vir die Bokke in 2018 teen Wallis in Washington. Jenkins het ook die Japannese span Toyota Verblitz en die Bulle verteenwoordig. Hy het verlede jaar Munster toe verhuis waar hy by sy voormalige Bulle-spanmaat, die Bok-slot RG Snyman, aangesluit het. Leinster se hoofafrigter, Leo Cullen, sê Jenkins het teëspoed gehad weens beserings, maar bring ‘n magdom vaardighede saam.