Mutorwa berei bateregister vir GRN voor

Die Namibiese kabinet wil voor die einde van die maand ‘n volledige verslag hê van die regering se bates, beide losgoedere sowel as eiendom, in elke streek. John Mutorwa, minister van werke en vervoer, sê die kabinet het besluit om die regering se skema, waar staatsamptenare wat in staatshuise woon dit aankoop, te versnel om die nasionale begroting aan te vul. Die skema is reeds in 1999 van stapel gestuur. Volgens Mutorwa eis die kabinet dat sy ministerie die algehele geïntegreerde bate-eienaarskapsbeleid van die regering finaliseer om voorsiening te maak vir ‘n gestruktureerde en gekoördineerde verkoop van bates. Huise sal teen markwaarde verkoop word en die proses sal deursigtig wees.