Rusland se inval in die Oekraïne het begin

President Vladimir Putin se inval in die Oekraïne het begin. Hy het vroeër sy land se lugruim teen die grens met die Oekraïne vir burgerlike lugvaart gesluit en het net na vyf-uur plaaslike tyd vanoggend ‘n militêre operasie in Donetsk en Luhansk aangekondig, blykbaar om die twee wegbreekstreke te beskerm. Intussen het die Amerikaanse President Joe Biden in reaksie ook ‘n militêre operasie aangekondig om die mense van Oekraïne by te staan. Interessant genoeg, die voormalige president, Donald Trump, het gesê hy skaar hom by Putin.

Dit is volgens kenners die eerste keer in die Amerikaanse geskiedenis wat voormalige leiers teen die aksies van huidige leiers praat. Die krisis in Oos-Europa het die olieprys verder opgestoot en Brent het net voor ses-uur vanoggend bo 99 Amerikaanse dollar per vat verhandel. Intussen vergader die VN se Veiligheidsraad op die oomblik in ‘n noodsitting.