Banyana is deur na vrouebeker!

Banyana Banyana het hul plek in die Afrika-nasiebeker bespreek toe hulle in die tweede skof met een elk teen Algerië gelykop gespeel het. Hulle het met ‘n totaal van 3-1 deurgedring nadat hulle, hul wedstryd verlede week in die Orlando-stadion met 2-0 gewen het. Linda Mothlalo se doel van ‘n strafskop af kort voor rustyd het Sylia Koui van Algerië se openingsdoel uitkanselleer. Banyana Banyana se kaptein, Janine van Wyk, sê hulle is bly hulle kon vir die toernooi kwalifiseer wat in Julie in Marokko plaasvind: