Rusland is nie meer die grootste mark vir Swakara nie

Karakoelboere in Namibië het tydens die inperkings uiters swaar gekry met veilings wat of gekanselleer is of, traag bygewoon is. Boere het oorgeskuif na vleisproduksie toe maar, met die herstel van die pandemie, het die vooruitsigte verbeter. Die spanning in Oos-Europa kan moontlik ‘n demper wees op die groei van die bedryf maar, volgens Louisa Campbell van Lovedale Farming, is Rusland nie meer so groot ‘n koper van Swakara soos in die verlede nie.