Unieke ekonomiese geleenthede vir daggabedryf in Gauteng

Die premier van Gauteng, David Makhura, sê ná uitgebreide gesprekke met rolspelers in die daggabedryf het hul in die afgelope 12 maande die unieke ekonomiese geleenthede in die provinsie uitgeken. Hy het sy provinsiale rede in Brixton gelewer. Makhura sê daar sal vanjaar ‘n toegewyde eenheid in die provinsiale regering gestig word om aandag te skenk aan kwessies in hierdie sektor.