DA se alternatiewe begroting sal korrupsiebelasting insluit

Die DA se skaduminister vir finansies, Dion George, sê die party gaan ‘n Privaatlede-wetsontwerp by die Parlement indien wat ‘n belasting op korrupsie bevat. George het tydens die lewering van die 2022 alternatiewe begrotingsbeleid by die DA se federale hoofkantoor in Kaapstad gepraat. Hy stel voor dat individue en ondernemings wat beskuldig word van korrupsie deur die korrupsiebelastingstelsel aanspreeklik gehou moet word.