Pres. Cyril Ramaphosa vereer gevalle weermaghelde

Dis helde in uniform wat verseker Suid-Afrika kan snags in vrede slaap met die wete die land is veilig. Dit was President Cyril Ramaphosa se boodskap as opperbevelhebber van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag op die Gewapende Magtedag-viering in Mpumalanga. Ramaphosa het hulde gebring aan Tebogo Radebe wat einde verlede jaar in Cabo Delgado gesterf het tydens ‘n ontplooiing van soldate as deel van die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se sending in Mosambiek.