Gasvryheidsvereniging van Namibië hou suksesvolle kongres in die Suide

Die Gasvryheidsvereniging van Namibië het die afgelope naweek sy toerisme-kongres in die Suide by Lüderitz gehou. Teenwoordigers van verskeie sektore was byeen om die Karas-streek en die Sperrgebiet Nasionale Park as toerisme-bestemming te bevorder. Volgens die uitvoerende hoof van die vereniging, Gitta Paetzold, was die kongres baie suksesvol.