SA polisieminister: Zuma se inhegtenisname het onlus laat vlam vat

Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, glo die inhegtenisneming van gewese president Jacob Zuma, het die geweld verlede jaar in KZN en Gauteng laat vlam vat. Hy was die eerste getuie by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie se nasionale ondersoek na die versetoptrede in Sandton, Gauteng. Die eerste sittings was in KwaZulu-Natal waar die geweld en plundery begin het. Die openbare sittings duur tot die 4de van volgende maand. Cele sê hulle moes beter voorbereid gewees het.