Floyd-betogings: 19 polisielede van Texas aangekla

Altesaam 19 polisielede van Austin, Texas, gaan teregstaan vir hulle hantering van die protes oor die dood van George Floyd in 2020. ‘n Jurie het besluit om die lede aan te kla van ernstige aanranding met ‘n dodelike wapen. Die polisielid, Derek Chauvin, het in Mei 2020 Floyd se dood in Minneapolis veroorsaak. Internasionale nuusagentskappe sê die stadsraad van Austin het ‘n betaling van 150 miljoen Namibiese dollar aan twee mense wat tydens die betogings deur die polisie beseer is, goedgekeur. Een van hulle is ‘n kollege-student wat breinskade opgedoen het tydens die voorval.