Kiwi’s gee Proteas tweede grootste pakslae in SA geskiedenis

Dit het die Kiwi’s vanoggend op Christchurch slegs twee-en-‘n-half-uur geneem om die Proteas finaal weg te bêre en hul eerste toetssege oor Suid-Afrika sedert 2004 te behaal. Nieu-Seeland wen met ‘n beurt en 276 lopies. Dit is Suid-Afrika se tweede grootste toetsnederlaag nóg. As die Swartpette die tweede en laaste toets wen, sal dit hul eerste reekssege nóg oor die Proteas wees.