Rugby: Griekwas verras WPFebruary 19, 2022

Rugby: Griekwas het hulle aanhangers groot vreugde besorg toe hulle die Westelike Provinsie gisteraand met 22-20 geklop het in ‘n Curriebeker-wedstryd. Die rustyd-telling was 12-10 in die guns van die tuisspan. Griekwas se drieë is gedruk deur Andries Schutte en Gustav du Rand, terwyl Leolin Zas twee keer vir WP oorgeduik het. Die Pumas sal vanmiddag die Vrystaat op Mombela-stadion verwelkom, voor die Leeus en die Haaie mekaar in Johannesburg pak.