SA vervoerminister maan motoriste moet rybewyskaarte hernu

Die Suid-Afrikaanse vervoerminister, Fikile Mbalula, maan motoriste om hul rybewyskaarte te hernu. Dit volg nadat die spertyd vir die hernuwings tot einde volgende maand verleng is. Miljoene Suid-Afrikaanse bestuurders se rybewyse het verval tydens die Covid-pandemie. Mbalula het gesê die masjien wat verlede jaar onklaar geraak het, is weer in werking.