SA landboubedryf groei met 13%

Die landboubedryf in die buurland het steeds met ‘n jaarkoers van 13 persent gegroei en het inflasie op kos tydens die pandemie in toom gehou. Dié statistiek en uitdagings in die groeipatroon, kom onder die loep in ‘n verslag genaamd ‘n Sektor-wye oorsig oor die uitwerking van Covid-19 op die Suid-Afrikaanse Landboubedryf gedurende 2020-21. Dis opgestel deur kenners op die gebied van landbou-ekonomie. Hulle sê verspreidings-uitdagings het verskaffing aan kwesbare groepe geraak. Daar is ook gekyk na nie-voedselbedrywe soos die wynbedryf waar handel beperk is. Daar is bevind dat ander sektore in die algemeen goed presteer het.