Wêreld-ietermagôdag môre in Windhoek gevier

Die wêreld herdenk môre Wêreld-ietermagôdag wat jaarliks op die derde Saterdag in Februarie gevier word. Die ietermagô is die wêreld se mees gesmokkelde soogdier. Professor Morgan Hauptfleisch, hoof van die Nust Biodiversiteitsnavorsingsentrum gaan ook Wêreld-ietermagôdag in Windhoek bywoon. Hy sê hulle gaan môreoggend onder meer ‘n pretdraf hou en ouers is welkom om hul kinders te stuur om meer oor omgewingsbewaring en veral ietermagôs te leer.