Nuwe Mosselbaaise munsipale bestuurder het nog kwessies om op te los

Die Wes-Kaapse ANC het Mosselbaai se nuwe munisipale bestuurder, Colin Puren, geluk gewens. Hy is vir ‘n termyn van vyf-jaar aangestel. Die leier van die opposisie in die provinsiale wetgewer, Cameron Dugmore, sê daar is nog ‘n paar kwessies wat Puren moet oplos ten opsigte van Thys Gilliomee in wie se plek hy waarneem sedert Gilliomee verlede jaar vertrek het.