Wysigings aan onderwys reeds 5 jaar hangende
AfriForum sê dis kommerwekkend dat die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys, wat al meer as vyf jaar hangende is, nou weer ter tafel gelê word. Die wetsontwerp stel ’n aantal veranderings voor aan die regulasies in skole, insluitend leerderbywoning en voorwaardes waaronder alkohol op skoolpersele verkoop mag word. Dit is verlede week aan die Parlement se portefeuljekomitee oor Basiese Onderwys voorgelê. Alana Bailey van AfriForum sê in die verlede was daar oorweldigende teenkanting teen die wetsontwerp: