Skade aan bote verbloem dwelmhandel in SpanjeFebruary 12, 2022
Die Spaanse polisie het ‘n dwelmhandelnetwerk oopgevlek wat vervalste skade aan bote en selfs moordvisaanvalle gebruik het sodat hulle na hawens op sleeptou geneem kon word terwyl hulle met dagga gesmokkel het. Die polisie sê die kuswag het bote na Andalusië op sleeptou geneem waar die dwelms bietjie vir bietjie afgelaai is en in ‘n wegsteekplek gebêre voor dit verder verskeep is. Die ondersoek het verlede jaar begin. Tien mense is in hegtenis geneem en beslag is gelê op 172 kilogram se dwelms, asook op die euro-ekwivalent van meer as ‘n miljoen Namibiese dollar.