Vermeende brandstigter van parlement se saak tot 25 Maart uitgestel
Die Kaapstadse landdroshof het die saak teen die beweerde Parlement-brandstiger, Zandile Christmas Mafe, uitgestel tot 25 Maart. Die staat het versoek dat uitstaande ondersoeke eers afgehandel moet word. Volgens die Wes-Kaapse woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Eric Ntabazalila, wil die staat Mafe se selfoonrekords nagaan om te bepaal of nog mense betrokke was.