Honderde vas vir wildmisdaad in Afrika

‘n Teenstropery-netwerk in Afrika, die EAGLE-netwerk, het sy jaarverslag vir 2021 bekend gemaak. Daar was in nege lande, wat die suidelike streek uitsluit, 160 senior lede van wildlewe-smokkelsindikate vasgetrek en in tien van die operasies, is grootskaalse korrupsie ontbloot. ‘n Totaal van 79 ivoorhandelaars, 33 grootkat-smokkelaars, tien ietermagô-handelaars, en 16 handelaars in aapspesies is in hegtenis geneem. Die groep sê 87 persent van die verdagtes is steeds agter tralies. Die operasies is in Kameroen, Kongo, Gaboen, Togo, Benin, Senegal, Ivoorkus, Burkina Faso en Uganda uitgevoer.