Onderbenutte kommunale grond word ondersoek – Calle

Die Namibiese landbouminister Calle Schlettwein, is tans in die Kunene-streek om die projek vir kommunale grond-ontwikkeling bekend te stel. Die program het in 1997 afgeskop toe die kabinet die ontwikkelingsprogram vir kleinskaalse kommersiële plase goedgekeur het op die basis van onderbenutte grond wat geïdentifiseer is. Konsultante wat deur die ministerie aangestel is, het die onderbenutte grond in nege streke geïdentifiseer. Schlettwein verduidelik.