Cyril moenie buitelanders poste weier nie – MmusiFebruary 10, 2022
Die leier van die One South Africa Movement, Mmusi Maimane, sal vandag ‘n reeks eenvoudige stappe ter tafel lê om ‘n einde aan werkloosheid onder Suid-Afrikaanse jeugdiges te bring. Dit is in aanloop tot President Cyril Ramaphosa se staatsrede vanaand. Maimane sê die regering het misluk om werk te skep deur middel van inklusiewe ekonomiese groei en ‘n moderne basiese onderwysstelsel. Hy sê dit behoort die kern van vanaand se toespraak te wees. Maimane sê om buitelanders te verbied om in die land te werk behoort nie deel van Ramaphosa se agenda te wees nie.