Nehale se strydvegtersteen vandag onthul

President Hage Geingob sal vandag amptelik die herdenkingsteen van die voormalige koning van die Ondonga, Nehale Lyampinga, by Namutoni in die Etosha Nasionale Park onthul. Dit is ‘n geskiedkundige naweek vir Namibiërs, veral vir die Oshindonga-sprekende Namibiërs om koning Nehale se lewe te herdenk. Ander politieke hoëlui sal ook die geleentheid bywoon. Dr. Alfredo Hengari, die Presidensie se woordvoerder het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.