Miljoene vir bewaring van ikoniese koala

Australië sal ‘n bykomende 35 miljoen Amerikaanse dollar in die volgende vier jaar bestee om koala-habitat te beskerm en die agteruitgang van dié kwesbare spesies te vertraag. Die buideldiere is inheems aan Australië en is deur bosbrande, siektes en voertuie uitgeroei, met ramings van hul getalle wat wissel van ongeveer 330 000 tot ongeveer 100 000 in die natuur. Die koala is ‘n Australiese ikoon en die premier Scott Morrison sê alles sal ingespan word om die spesie te beskerm. Die nuwe pakket sal die regering se koala-belegging sedert 2019 tot meer as 51 miljoen Amerikaanse dollar neem, en sal bestee word aan habitat-herstel, die bestudering van die bevolking en die uitbreiding van navorsing oor koala-gesondheid. ’n Studie deur die Wêreldnatuurfonds het beraam dat meer as 60 000 koalas in 2019 en 2020 deur bosbrande dood, beseer, of op een of ander manier geraak is.