AR se vakbondregistrasie steeds vertraag

Die Affirmative Repositioning-beweging se werkersvakbond, die Revolutionary Union, streef daarna om Namibiese werkers te bevry van ondoeltreffende vakbonde wat saam met werkgewers werkers uitbuit. Die vakbond is al operasioneel, maar is steeds besig om uitdagings te beleef met die registrasieproses. Simon Amunime, die beweging se woordvoerder, verduidelik waarom dit so lank neem om die vakbond te registreer.