Geen verpligte inentings vir Bank Windhoek-personeel
Bank Windhoek het gereageer op Letshego wat hul personeel in kennis gestel het dat hulle voor 31 Januarie ten volle ingeënt moet wees, het. Personeellede wat nie op dié datum ingeënt is nie, sal nie op Letshego-persele toegelaat word nie. Dit is volgens Letshego se pandemiebestuursbeleid om die welstand en veiligheid van hul personeel, kliënte en aandeelhouers te beskerm. Bank Windhoek se bemarking- en korporatiewe kommunikasiebestuurder, Jacquiline Pack, het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat hulle die regering se mandaat volg en niemand verplig om ingeënt te word nie.