Prof. Jonathan Jansen sê SA skole moet voltyds heropen

‘n Professor in onderwys van die Universiteit Stellenbosch, Jonathan Jansen, het sy stem gevoeg by oproepe om skole so dringend moontlik op ‘n voltydse basis te laat heropen. Jansen sê Suid-Afrikaanse leerders het tot 30 persent van hul onderrig verloor sedert die aankondiging van die nasionale inperking in Maart 2020. Ons korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt, vertel meer.