Eerste deel van Namibiese reënseisoen is swak
Die reënvalbulletin van die Namibiese ministerie van werke en vervoer dui aan dat die eerste deel van die reënseisoen uiters swak was. Desember was baie droog oor die westelike streke van die land, maar dit het in die oostelike streke van die land gereën. Die res van die land het onder-gemiddelde reënval in Desember ontvang, terwyl sekere dele oor die oostelike en sentrale streke gemiddelde reënval gehad het.