SA staatskuld styg tot R550 miljard

Staatskuld in die buurland het met meer as 550 miljard rand gestyg. Die Suid-Afrikaanse regering het in die boekjaar wat in Maart 2021 geëindig het, ‘n bykomende 562,6 miljard rand geleen, wat veroorsaak het dat nasionale skuld, soos op die JSE genoteer, 3,8 duisend miljard rand bereik het aan die einde van daardie tydperk. In 2020 was die syfer 3,2 duisend miljard rand. Daar word gesê hierdie bedrag is verantwoordelik vir 74,5 persent van die algehele nasionale skuld. Die Tesourie se woordvoerder, Duncan Pieterse, sê as gevolg van die uitwerking op die ekonomie, het Covid-19 ook ‘n rol gespeel in die land se enorme skuldlas.