SAPS vind talle gesteelde voertuie

Die Suid-Afrikaanse polisie het ‘n groot sukses behaal toe ses verdagtes in hegtenis geneem en aangehou is in verband met die besit van luukse voertuie wat in Oaklands, Johannesburg as gesteel aangemeld is. Dit het gevolg nadat die polisie inligting deur misdaadintelligensie ontvang het oor ‘n huis waar daar voertuie en verdagtes is wat moontlik by transito-rooftogte betrokke is. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, sê van die voertuie is so ver terug as 2018 gesteel.