Geen waarborg dat ek in Aussie Ope speel nie – Rafa

Die 22-malige Grand Slam-kampioen, Rafael Nadal, sê hy kan nie waarborg hy sal aanstaande maand aan die Australiese Ope kan deelneem nie. Die eerste Grand Slam van die jaar begin op 17 Januarie in Melbourne. Die Spanjaard het erge las gehad van ‘n voetbesering wat hom vir die laaste paar maande van die seisoen uitgeskakel het. Nadal het Vrydag by die Mubadala Wêreld-tennis-kampioenskap in Abu Dhabi, in sy eerste mededingende wedstryd in maande, met skoonstelle teen Andy Murray verloor. Hy sê sy mikpunt is om in Melbourne te speel.