Nuwe tennistoernooi in Sydney

Australië gaan op 9 Januarie ‘n nuwe eenmalige toernooi, die Sydney Tennis Klassiek, aanbied. Negentien van die wêreld se top 24 vroue, insluitend die nommer een, Ash Barty, die nommer drie, Garbine Muguruza, en gewese nommer een-spelers Angelique Kerber en Simona Halep, gaan deelneem. Aan die mans se kant is daar vier van die wêreld se top 20, onder meer die 2020 Amerikaanse Ope-kampioen Dominic Thiem en twee gewese top tien-spelers, David Goffin en Kei Nishikori.